SARS Oudit

Die ontvanger besluit om n oudit op Oupa te doen en dagvaar hom om
die belastingkantoor te besoek.  

Die ouditeur was glad nie verras toe Oupa
se prokureur hom vergesel nie.


Die ouditeur sê, Wel meneer, u het *n uitspattige lewenstyl en
geen voltydse betrekking nie, wat u verklaar deur te beweer u wen baie geld
met dobbel.

Die belastingkantoor vind dit nie geloofwaardig nie.
Ek is n goeie dobbelaar en ek kan dit bewys* sê Oupa. *Wat
van n demonstrasie?*
Huiwerig sê die ouditeur, *Nou maar goed.


Oupa sê, Ek wed jou *n duisend Rand ek kan my eie oog byt.
Die ouditeur dink *n oomblik. Dis *n weddenskap.
Oupa haal sy glasoog uit en byt dit, tot onsteltenis van die ouditeur.
Nou wed ek jou twee duisend Rand ek kan my ander oog ook byt.
Die ouditeur kan sien Oupa is nie blind nie, so hy neem die
weddenskap.
Oupa haal sy valstande uit en byt sy ander oog.


Die verstomde ouditeur besef hy het pas drie duisend Rand verloor met
Oupa se prokureur as getuie, en hy raak senuagtig.


Wat van dubbel of niks? vra Oupa.

Ek wed jou ses duisend Rand
dat ek dié kant van jou lessenaar kan staan en in die snippermandjie aan die
anderkant kan piepie sonder om n druppel tussenin te mors.*
Die ouditeur is nou baie versigtig, maar hy bekyk die ou man en besluit
daar is nie n manier wat hy so iets gaan regkry nie, en hy stem in.
Oupa gaan staan langs die lessenaar, kreun en steun van inspanning maar
hy kan nie die straal oor die lessenaar kry nie en piepie die hele
lessenaar papnat.


Die ouditeur spring van blydskap toe hy besef hy het *n verlies in
n reuse wins omskep.


Oupa se prokureur laat sak sy kop al kermend in sy hande.
Is alles reg? vra die ouditeur.


Nee sê die prokureur, vanoggend het Oupa vir my gesê hy is
gedagvaar vir n oudit, en toe wed hy my vyf en twintig duisend Rand hy sal jou
hele lessenaar nat pee en jy sal verheug wees daaroor!*

http://www.eposvriende.com

To join for  pictures, wallpapers, send a message to:  eposvriende-subscribe@yahoogroups.com

Or visit: http://groups.yahoo.com/group/eposvriende/

 Om aan te sluit vir prente, fotos, stuur ‘n e-pos aan: Afrikaans-ePosVriende-subscribe@yahoogroups.com

Of besoek: http://groups.yahoo.com/group/Afrikaans-ePosVriende/

 

 

Comments

Popular Posts