Wie is jy

 

 

                     ( Skrywer: Onbekend)

 

                   Het jy al ooit vir jouself inni spieĆ«l gekyk en

gewonder 'wie de flenter is jy!?'  Well. It happened to me a few days

ago.  Staan op, stort, trek aan ens ens. Toe ek voor die spieel staan

lyk ek vir myself nie so lekker nie.  Neeeee. Dit was nie oor my broek

te styf gesit het of my hare nie te hot gelyk het nie!  Iets het net vir

my laat besef ek's seriously besig om myself te fool!

 

                  Daar staan ek elke oggend op, all holy and spiritual

en al daai lekker dinge! "Here, ek gee vandag vir U, seƫn dit asb...

Tralalala. En Here, ek werp al my bekommernisse op U, want ek's nie

sterk genoeg om dit te dra nie. Blah blah blah"  Jy ken seker daai

gebedjie.  Anyway. Ekke staan so vir myself en kyk inni spieel en besef

net dat as ek  regtig sooo vreeslik op die Here vertrou om my crap uit

te sorteer Dan moet ek dit genuinely let go!  Al die dinge wat my gees

so onrustig maak, meeste dinge wat lankal geĆÆdentifiseer is!

 

                  As ek regtig die Here vir iets vertrou, moet ek dit

100% vir Hom gee, en myself eintlik in die posisie sit sodat ek nie

Anders kan as om Hom te vertrou nie. Om afhanklik van die Here te wees

is om onafhanklik van jouself en die wĆŖreld te wees ! Jou salaris, jou

ouers, jou wat ook al!

 

                  Soms is dit nodig om in die diep Kant in te spring en

te vertrou dat God jou sal uit trek. Dit sal ook slegs gebeur as jy dit

met jou hele wese (hart, siel  EN KOP!!!) doen!

 

                  Anders, what's the use of jumping in the deep side

and trying to survive on your own! Die branders sal jou soos 'n slap vel

rondgooi, teen rotse vasslaan en AS jy daar uit kom, Dan kom jy met 'n

klomp gebreekte bene en bloukolle daaruit en het eintlik nogsteeds niks

bereik nie. Nie waar nie?

 

                  Jare terug toe ek by CUM gewerk het, het ek en 'n

gereelde klient een aand bietjie gestaan en gesels. Hy se toe vir my,

die Bybel sĆŖ werp jou bekommernisse op die Here. Nie gee jou

bekommernisse vir Hom nie, werp dit op Hom.

 

                  Hy verduidelik toe dat werp 'n volleyball term is.

Dit is om iets van jou af weg te stamp - buite jou eie bereik. As jy net

jou bekommernisse vir God gee, Dan kan jy dit terug vat (want Dan's dit

nog in jou bereik), maar as jy dit werklik op Hom werp! Wow!  Dan's dit

'n bewustelike besluit wat jy maak om dit verewig te let go.

                  Want jy stamp dit Dan weg van jouself af - buite jou

bereik, sodat jy dit nie terug kan vat nie.

 

                  Nou, my liewe vriende en vriendinne, ek sukkel my

morsdood met die een!  Dis MOS baie makliker om self te sit en worry oor

iets as om te erken jy kan dit nie self hanteer nie. Joyce Meyer het op

een van haar programme gesĆŖ: "to worry is a manifestation of pride ."

Nou, kyk gou net na al die goed waaroor jy daagliks 'worry'. Toe, dink

gou.

 

                  Daar's nogal 'n hondhuis vol Klein goedjies, nĆ©? Die

Here HAAT trots!  Gaan lees net so bietjie Daniel se stories. So, deur

te sit en 'worry' oor iets (maak nie saak hoe groot of Klein nie) wys jy

eintlik vir God dat Hy nie goed genoeg is om jou probleem te hanteer

nie.  SJOE, ja, ek weet. Heavy stuff, NE? Well, it's true, think about

it.

 

                  Om werklik op die Here te vertrou, bid in  volle

geloof ! SĆŖ vir God dankie vir alles wat Hy in Sy Woord aan jou belowe

het. Dankie vir wat Hy nog vir jou gaan doen. Dankie vir al die 'tests'

waardeur jy nog gaan gaan. Dankie vir swaarkry, dankie vir sukkel,

dankie vir voorspoed, dankie vir die feit dat jy kan hoor,sien, praat,

voel, sommer net dat jy jou groottoon kan beweeg elke oggend as jy

wakker word !

 

                  Julle, God stel belang in ons  karakter, nie jou

goody-2-shoes houding en valsheid nie. Dis hoekom ons getoets word,

hoekom ons soms sukkel met goed, hoekom ons nie altyd ons sin kry nie,

hoekom ons soms in moeilike situasies gegooi word by die werk of by die

huis, hoekom ons soms victims is van iets aakligs. Nie sodat die Here 'n

kick kan kry uit ons swaarkry nie, maar om ons te slyp! Nerens inni

Bybel staan dat 'n kind van God dit maklik sal hĆŖ nie.

 

                  Onthou dat jy nooit deur enige iets gaan waar Hy nie

saam met jou gaan nie. As jy huil, huil Jesus saam met jou! Jy's Sy

kind! 'n Prins, 'n Prinses!  Prys God vir elke situasie waarin jy jou

bevind! Sien dit as karakter vorming. Sien dit as 'n tydperk waar jy

bietjie meer soos Jesus kan word! Dis 'n voorreg om deur so iets te gaan

saam die Koning van alles en almal! Dit maak dit glad nog nie lekker

nie, maar wow, what a privilege to know that God cares enough about you

to shape you after His own image!

 

                  Julle, nog 'n klein ietsie wat tannie Joyce gese het.

You can't have a testimony without a test. otherwise you will only have

the mony's. *hehehe* So true, nƩ?

 

                  Gaan lees iewers vandag Jakobus/James 1 (veral vers

6).  My gebed is dat elkeen van ons sal leer om God toe te laat om ons

te shape, dat ons as mans en vrouens van God kan opstaan waarin ander

Jesus in ons oƫ kan sien!

 

 

                  www.eposvriende.com

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Comments

Popular Posts