Stukkende hart mense


Soms, Here, is my hart
te stukkend om heelgemaak te word.
dis wanneer ek sommer
net myself in 'n kokon wil toespin sodat
niemand aan my kan torring nie.

Dankie dat U in sulke tye
die woorde hoor wat ek nie kan uitspreek nie
en die seer sien waarna ek nie wil kyk nie.
Dankie dat U juis dan
U sagte hand van liefde onder
my sit en my dra totdat
my hart weer gereed is
om fladderend die wereld te gegroet.

Dankie dat U by uistek 'n Vader
vir stukkende hart-mense is...
vir my is.........

Comments

Popular Posts