Grenadella Yskastert

Grenadella Yskastert

1 blik Ideal melk
½ koppie strooisuiker
1 blik grenadellamoes
1 pakkie lemoenjellie
1 pakkie tennisbeskuitjies
1 koppie kookwater
Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel. Klop verkoelde melk tot styf.
Vou suiker geleidelik by. Klop goed. Vou moes en jellie by.
Klop tot romerig. Pak laag beskuitjies en gooi laag vulsel. Herhaal tot klaar.
Rasper beskuitjies en strooi bo-oor. Plaas in yskas.

 

 

Sluit aan by Resepte Ruil: (Afrikaans & English) johanna4-384577@autocontactor.com

Join Recipe Exchange: (English only) johanna4-384579@autocontactor.com

Join or visit us at www.eposvriende.com or http://links.eposvriende.com



Comments