Growwe Beskuit
Growwe Beskuit
1.5kg (6 k) koekmeel
500 ml (2 k) volkoringmeel
625 ml (2 1/2 k) suiker
45 ml (3 E) bakpoeier
10 ml (2 t) koeksoda
7,5 ml (1 ½ t) sout
8 Weet-Bix-koekies, gebreek
125 ml (1/2 k) sonneblom sade
100 9 (1 pakkie) pecan neute, gekap
250 ml (1 k) klapper
500 ml (2 k) karringmelk
3 eiers
500 g botter
Stel oond op 180 C.
Meng meel, suiker, bakpoeier, koeksoda en sout
Roer Weet-Bix, sonneblomsade, neute en klapper by meelmengsel.
Klits karringmelk en eiers en roer by meelmengsel.
4. Smelt botter, laat effens afkoel en meng met hande by deeg in.
Bietjie melk kan bygevoeg word as deeg te styf is.
Skep deeg in gesmeerde oondpan.
Bak vir 50 min. of tot toetspen skoon uitkom.
Laat in oondpan afkoel en keer uit om heeltemal af te koel.
Sny in stukke en plaas op bakplate.
Droog beskuit teen 70C vir 4 uur uit of tot heeltemal droog.
Resep uit Keur
Let us know if you want to receive the recipes as word.doc attachments.
We will add you to our list.
http://www.eposvriende.com/subscribe.html
Comments