Ek is 'n Vismot. Wat is jy?

 

KYK HIERONDER, LANGS JOU VERJAARSDAG, NA WATTER SOORT DIER JY IS.  STUUR DIT AAN ALMAL WAT JY DINK GEKIELIE SAL WORD DAAROOR.  SIT JOU VERJAARSDIER SE NAAM IN DIE ONDERWERP VAN JOU E-POS.   


Januarie 01 - 09 ~   Vlooi
Januarie 10 - 24 ~   Weeluis  
Januarie 25 - 31 ~   Rooimier  


Februarie 01 - 05  ~  
Vismot
Februarie 06 - 14 ~  
Muishond
Februarie 15 - 21 ~  
Jellievis    
Februarie 22 - 28 ~  
Kakkerlak


Maart 01 - 12 ~  
Bobbejaan
Maart 13 - 15 ~  
Rooimier
Maart 16 - 23 ~  
Weeluis
Maart 24 - 31 ~  
Vismot


April 01 - 03 ~  
Vlooi
April 04 - 14 ~  
Kakkerlak
April 15 - 26 ~  
Weeluis  
April 27 - 30 ~  
Jellievis


Mei 01 - 13 ~  
Weerluis
Mei 14 - 21 ~  
Muishond
Mei 22 - 31 ~  
Rooimier  


Junie 01 - 03 ~  
Weeluis
Junie 04 - 14 ~  
Jellievis
Junie 15 - 20 ~  
Vlooi
Junie 21 - 24 ~  
Bobbejaan
Junie 25 - 30 ~  
Vismot


Julie 01 - 09 ~  
Weeluis
Julie 10 - 15 ~  
Vlooi
Julie 16 - 26 ~   Muishond
Julie 27 - 31 ~   Vismot


Augustus 01 - 15 ~  
Bobbejaan
Augustus 16 - 25 ~  
Weeluis
Augustus 26 - 31 ~  
Jellievis


September 01 -  14 ~  Muishond
September 15 - 27 ~  
Vismot
September 28 - 30 ~  
Vlooi


Oktober 01 - 15  ~  Bobbejaan
Oktober 16 - 27 ~  
Jellievis
Oktober 28 - 31 ~  
Kakkerlak


November 01 - 16  ~
Rooimier
November 17 - 30  ~
Vismot


Desember 01 - 16  ~  
Vlooi
Desember 17 - 25 ~  
Bobbejaan
Desember 26 - 31 ~  
Muishond

Is jy 'n VLOOI, dan is jy 'n regte toegewyde en aangename mens. Jou lojaliteit kan nooit juis in twyfel getrek word nie. Jy lieg nie eintlik baie nie en is selfs nogal eerlik en opreg wat jou houding teenoor jou werk betref. Jy hou van nie van ingewikkelde dinge nie en is heeltemal simpel, d.w.s. sonder kinkels en knope.  Jy is 'n eenvoudige ou mens, baie nederig en plat op die aarde. Dit verklaar waarom jou vriende alewig om jou hang, jy sien. Jy't so half 'n goeie smaak vir klere en as jy nie die nuutste en gewildste modestront in jou klerekas het nie, raak jy sielsmismoedig. Jy is baie gewild en beslis van die kyk Noord-soort. Jy het 'n paar uitgesoekte en waardige vriende wat almal dink dat die son uit hulle gatte uit skyn.  
Is jy 'n
WEELUIS, dan is jy altyd besig om iewers kak aan te jaag.  Dis die ondeunde glinster in jou oĆ« wat jou so oulik en aantreklik maak vir almal rondom jou.  Dis vreeslik baie pret om by of naby jou te wees.  G'n wonder dus dat mense jou geselskap opsoek en jou insluit by allerhande saamgekliekery nie.  Net jammer jy's so liggeraak, 'n regte blerrie kruidjie-roer-my nie. Mense moet tog SO dĆ“nners versigtig wees wat hulle vir jou sĆŖ.  As iemand net met woorde probĆ©Ć©r speel, of 'n onskuldige ou glipsie maak wanneer hulle met jĆ³Ćŗ praat, dan is die hel behoorlik los.  Arme mens met wie dĆ­t tog gebeur!  

 

 
Is jy 'n
ROOIMIER, dan is jy, in teenstelling met wat jou naam veronderstel, nogal 'n vredeliewende ou wesentjie. Jy doen jou bes om konflik te vermy en, eerder as om te baklei, hardloop jou gat af om weg te kom.  Jy's 'n mens vir die buitelewe en hou nie daarvan om vir lank in dieselfde plek te sit en poep ruik nie.  Jy is 'n gebore leier en het die vermoĆ« om op 'n taktvolle wyse die samewerking van mense te verkry.  Jy hou van eer en populariteit en hou daarvan om in die gloed van ander mense se bewondering te staan en boude bak en sal summier jou siel daarvoor verkoop. Wees dus versigtig vir mense wat jou stertjie prys  Hulle teer net op jou ydelheid.  O, tog!  

 

'n VISMOT is vreeslik liefdevol en lieftallig; partykeer skugter, maar met 'n innige passie vir gevatte sĆŖgoed.  Soms verkies jy die stilte.  Jy hou daarvan om dinge te ondersoek, in diepte op sake in te gaan en Ć”l die verdomde ou draadjies los te torring.  Tog is jy dikwels vergeetagtig!  Normaalweg is jy koelhoofdig, maar onder provokasie kan jy soos 'n fokken klein vulkaan ontplof. Jy is 'n bode van die mode en mense sien op na nou as 'n rolmodel wanneer dit by modegiere kom.  Eintlik is jy maar 'n mens wat so in die bondel rondploeter, maar jy hou nie daarvan om met vreemdelinge te praat nie. Mense voel gemaklik in jou geselskap.  Een ding is egter seker: jy kies jou vriende met groot sorg!  

'n
JELLIEVIS is sĆ³ amper-volmaak dat sy poephol sukkel om te stink.  En jy het sĆ³ 'n goeie hart, ai!  Mense is alewig besig om in groepe te praat oor - en voorbeelde te noem van - jou bedagsaamheid.  Ook jĆ½ is 'n heel vredige skepsel en sal nie eens iemand wat ooglopend verkeerd is, teĆ«gaan nie.  Dis een van die redes waarom mense jou so smaak.  Jy praat nie sommer agter iemand se rug nie.  Mense hou van die manier waarop jy hulle hanteer. Jy kan net eenvoudig aanhou en ƔƔnhou met liefde gee.  Die beste daarvan is dat jy nooit iets in ruil verwag nie..  Daarvoor is jy net tĆ© vrygewig.  Maar die beste ding van jou en jou soort is dat julle altyd alles in 'n praktiese lig sien.  Die seepbelle bars waar jĆ½ naby is!  

'n
MUISHOND laat God's water oor God's akker loop - mĆ“re is mos nog 'n dag, a nee a!  Jy bly skynbaar altyd onaangetas deur omstandighede, hetsy vrolik of droewig; inteendeel, jy is iemand wat die vreugdevure aansteek oral waar gaan.  Jy is die leier van 'n prettige peloton pĆŖlle en het die vermoĆ« om mense in tye van nood te vertroos en te onderskraag. Jy hou nie van gatkruipers nie en probeer skynheilige kreature soos die pes vermy.  DiĆ©sulkes sou ook nooit as te nimmer jou guns kon wen nie. Desnieteenstaande enige vorige stellings tot die oĆ«nskynlike teendeel hierin gemaak, is jy 'n baie metodiese en uiters georganiseerde werker.  Jy kan net nooit  oorrompel word deur 'n chaos nie.  Jy kan enige kak uitsorteer. Pas net op vir een ding op:  mense soos jy raak maklik moedelooslik verlief.  

As jy 'n
KAKKERLAK is, is jy 'n misterieuse wese. Jy kan druk met gemak hanteer, sonder om hard te poep.  Jy kan enige gespanne situasie ontlont sonder om sĆ©lf die kluts kwyt te raak  Jy kan partykeer vreeslik blerrie suinig wees. Jy hou daarvan om in jou eie kliek te sit en skinder  Jy is tog so gesteld op ordentlikheid en hou daarvan as alles uitwerk net soos jĆ½ dit wil hĆŖ - wat natuurlik nie altyd moontlik is nie, nĆØ?  En dit is nou juis hieroor dat jy die verloorder is in sommige verhoudings.  Maar andersins hou jy tĆ³g daarvan om mense te hulp te snel as hulle jou werklik nodig het.  

As jy 'n
BOBBEJAAN is, is jy uiters ongeduldig en oordadig.  Dinge moet net skielik gebeur!  Maar aan die binnekant is jy maar redelik vlak en eenvoudig.  Jy hou daarvan as mense om jou draai.  Dit is in diĆ© sin dat julle mense so eiesoortig is, want julle hou julself veilig van alle kante af..  As jou naam iewers in 'n aanvegbare situasie te berde sou kom, dan raak jy behoorlik besimpeld van paniek  As jy moeilikheid sien kom, dan kom jou sesde sintuig soos blits in rat.  Derhalwe tref jy vroegtydig alle moontlike voorsorgmaatreĆ«ls om jouself teen slaggate te beskerm. En om alles te kroon, is julle ouens 'n totaal materialistiese klomp bliksems!  

 http://www.eposvriende.com

 



Comments

Popular Posts