Suiker Mielie Poffers

SUIKERMIELIEPOFFERTJIES

250ml koekmeelblom

10ml bakpoeier

5ml sout

1ml rooipeper

30ml margarien (gesmelt)

2 eiers (geskei)

5 ml Uie (gerasper)

300ml Cheddarkaas (gerasper)

420g geroomde suikermielies (Sweetcorn)

Olie vir vlak vet braai

 

Sif die droĆ« bestanddele saam.  

Voeg die margarien of botter by.

Klop die eiergele en voeg dit by die koekmeelblom mengsel.

Meng dit goed.

Voeg die ui, kaas en suikermielies by en meng dit deeglik.

Vou die styf geklitste eierwitte in.

Skep lepelsvol van die beslag in warm olie en bak dit tot goudbruin.

Dreineer goed.

 

Vir goeie vet dreineering:

Ek sit ‘n klein afkoel rakkie (die soort waarop jy koekies laat koud word) bo-oor ‘n bord en sit die poffers/vetkoek/krummel steak daarop. Dit Dreineer goed. Ek verskuif dit na ‘n skottel or bord toe net voor ek die volgende klomp uit die olie haal.

 

http://www.eposvriende.com

As jy die resepte as ‘n Word.doc aanhangsel wil hĆŖ, stuur ‘n leĆ« boodskap na resepte-subscribe@yahoogroups.com

Jy sal die Engelse resepte ook ontvang.

Moenie “reply” op die boodskap vir die Word.doc nie. Jy moet ‘n e-pos stuur na resepte-subscribe@yahoogroups.com

Dankie

 

 

www.eposvriende.com  
www.emailbuddys.com

www.twitter.com/eposvriende

http://groups.yahoo.com/group/eposvriende/

http://groups.yahoo.com/group/eposvriende2      

http://groups.yahoo.com/group/resepte           

http://groups.yahoo.com/group/english_recipes   

http://groups.yahoo.com/group/news-funny-weird

http://groups.yahoo.com/group/eposvriende-everything

http://www.2dvd.co.za

 

 

Comments

Anonymous said…
Dis no die grootste flop van my lewe! Weet nie of dit ek of die resep is nie!
ePosVriende said…
Ek sal dit weer maak vanaand en laat weet
ePosVriende said…
Ek het die poffers gisteraand gemaak en dit was weereens heerlik.
Die eiers wat ek gebruik was Medium.
Skep eetlepels vol in die olie.
My plaat se hitte was op 5. Sy hoogste telling is 8.
Laat dit bietjie bruin word en "hard" word aan die onderkant voordat jy dit omdraai.
Draai maar weer terug indien jy bang is dit is nie mooi gaar nie.
Vou die eierwitte met 'n metaal lepel in die beslag.

Ek hoop dit help.
Groete
Koekoes
www.eposvriende.com
ePosVriende said…
Ek het sopas weer die resep my eie fotos van gisteraand op die blog gesit.
ePosVriende said…
Ek het sopas weer die resep my eie fotos van gisteraand op die blog gesit.

Popular Posts