Anzak Koekies

ANZAK KOEKIES


Oond 180°C.


MENG SAAM IN MENGBAK:
250 ml rou oats
125 ml koekmeel
125 ml klapper
knippie sout


SMELT IN KASTROLLETJIE:
125 ml bruinsuiker
125 ml goue stroop
Laat bietjie afkoel.


Roer 1 t koeksoda in stroopmengsel, pasop, dit bruis.
Gooi dan by die meelmengsel en roer met houtlepel.
Skep teelepels vol deeg op gesmeerde bakplaat, entjie uitmekaar.
Die koekies sprei uit, en druk effe plat met agterkant van lepel.
Bak vir 15 minute tot goudbruin.
Plaas op afkoelrakkie.
Dit raak bros as heeltemal afgekoel


Bron: Radio Namakwaland  Foto: Food 4 Four
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Dankie Bianca wat die resep op ons Facebook geplaas het. www.facebook.com/resepterecipes

 



Comments