Friday, December 19, 2014

FW: Pragtige gebed...

 

 



 
Here, help my om vandag al my selfsugtigheid en eie wil weg te was,
Sodat ek U die res van my lewe met nederigheid kan dien.

Here, stryk vandag al die plooie, wat deur die jare versamel het,
Uit my gees sodat ek net die mooi in ander sal sien.

O God, help my dat ek sal regmaak waar ek ander te na gekom het.

Here Jesus, help my om met die stoflap van u genade
Die Klein sondetjies wat in my hart skuil,
Weg te vee en skoon te maak.

O God, gee my asseblief die wysheid om die dinge
Te koop wat nodig is en nie wat ek begeer nie,
Omdat ek weet Here, geen aardse skatte weeg op
Teen dit wat in die Hemel wag nie.

Help my, my Vader om die vrugte van die gees:
Liefde, Vreugde, Vriendelikheid, Vrede, Geduld, Goedhartigheid,
Nederigheid, Getrouheid en Selfbeheersing aan my naaste voor te sit.

O God, ek het my huis vir u voorberei.  
Kom woon asseblief in my hart sodat ek die res van my lewe
In u teenwoordigheid kan deurbring.

Dankie Here, vir al my wonderlike vriende aan wie ek hierdie e-pos gaan stuur.

 

 

 

 


 

 

 

 


 

 




__._,_.___


Posted by: "Contact" <contact@eposvriende.com>




http://groups.yahoo.com/group/christelik-eposvriende
Subscribe: christelik-eposvriende-subscribe@yahoogroups.com
List owner: christelik-eposvriende-owner@yahoogroups.com

Forward or send anything you would like to share to: eposvriende-owner@yahoogroups.com







__,_._,___

No comments: