Hoeveel van ons is skuldig hieraan?



HOEVEEL VAN ONS IS SKULDIG HIERAAN?

UITNODIGING!!!
Soos julle weet, kom My verjaarsdag nader. Elke jaar is daar ‘n viering in My eer, en hierdie jaar sal die viering herhaal word. Gedurende hierdie tyd soek baie mense na geskenke, daar is baie radio aankondigings, advertensies, en in elke deel van die land praat elkeen van My verjaarsdag wat al nader kom. Dit is baie lekker om te weet dat ten minste een maal per jaar, party mense aan My dink.

Die viering van My verjaarsdag begin baie jare terug. In die begin was die mense dankbaar en het verstaan wat Ek alles vir hulle gedoen het, maar nou lyk dit of niemand verstaan wat gevier word nie. Familie en vriende kom bymekaar en geniet die tyd geweldig, maar min weet wat die rede vir die viering nie.

Ek onthou verlede jaar was daar ‘n fees in My eer. Die tafels was vol lekker eetgoed, vrugte en sjokolade. Die dekorasies was fantasties en daar was hope toegedraaide geskenke. Maar weet julle, Ek was nie genooi nie! Ek was die Eregas maar niemand het onthou om vir My ‘n uitnodiging te stuur nie! Die viering was vir My, maar toe die wonderlike dag aanbreek, was ek buite gelaat, die deur is toegemaak in My gesig.

Ek wou so graag saam met hulle wees en hulle tafel deel. Die waarheid is dat die laaste aantal jare het almal die deur vir My toegemaak. Omdat Ek nie genooi was nie, het Ek besluit om die viering te deel sonder om ‘n geraas te maak. Ek het saggies ingegaan en in die hoek gestaan. Almal het gedrink, en party was dronk en het grappe vertel en gelag oor alles. Hulle het ‘n goeie tyd gehad. Om alles te kroon het ‘n groot, vet man aangetrek in rooi met ‘n lang wit baard die kamer binne gekom en almal het ho-ho-ho geskreeu. Hy het dronk gelyk. Hy het op die bank gaan sit en al die kinders het na hom toe gehardloop en geskreeu 'kersfees vader, kersfees vader'  asof die viering in sy eer was. Teen middernag het almal mekaar gedruk.

Ek het ook My arms uitgehou en gewag vir iemand om My ook te druk, maar niemand het na My toe gekom nie. Almal het geskenkies begin uitruil. Hulle het dit oopgemaak met groot verwagting. Toe almal oopgemaak is, het Ek gekyk of daar dalk net een vir My ook was. Maar hulle het My vergeet. Toe het Ek besef Ek is onwelkom en het saggies weggegaan.

Almal onthou slegs die partytjie, die geskenkies, die eetgoed, maar niemand onthou My nie! Ek wil graag hierdie Kersfees hê dat jy My sal toelaat om in jou lewe te wees. Ek sal daarvan hou as jy die feit besef dat Ek 2000 jaar gelede My lewe vir jou afgelê het aan die kruis om jou lewe te spaar! Vandag stuur Ek die uitnodigings uit en daar is ‘n uitnodiging vir jou! Ek wil weet of jy dit graag sal wil bywoon want dan sal Ek vir jou pkek bespreek en jou naam met goue letters in My gasteboek skryf. Slegs die persone wie se name in die gasteboek geskryf is, sal genooi wees. Die wat nie die uitnodiging antwoord nie - sal ook buite gelaat word. Wees gereed, want sodra alles gereed is, sal jy deel wees van My partytjie.

Sien jou gou.
Ek het jou lief.
JESUS

Comments

Popular Posts