Bitterbessie Dagbreek

 

 

BITTERBESSIE DAGBREEK
Ingrid Jonker

Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
‘n spieël het gebreek
tusen my en hom

Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af

Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed

Papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry

Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son

 

www.eposvriende.com

 

 

 

www.eposvriende.com

To join for Poems & Emotional e-mails, send a message to:  poems-eposvriende-subscribe@yahoogroups.com

Or visit: http://groups.yahoo.com/group/poems-eposvriende

Om aan te sluit vir Gedigte en Emosionele boodskappe, stuur ‘n e-pos aan:  gedigte-subscribe@yahoogroups.com

Of besoek: http://groups.yahoo.com/group/gedigte/

 

 

__._,_.___

Recent Activity:

·         New Members 1

http://groups.yahoo.com/group/gedigte/
Post message: gedigte@yahoogroups.com
Subscribe: gedigte-subscribe@yahoogroups.com
Unsubscribe: gedigte-unsubscribe@yahoogroups.com
List owner: gedigte-owner@yahoogroups.com

.

__,_._,___

Comments