Dis net wanneer kappertjies gekneus word, dat ons hulle heerlike geur kry".




Vanoggend vroeg, nog lank voor die son opkom, het ek in my tuintjie gestaan en kyk na die dou op die plante.  Daar was oorvloedig dou op die kappertjies wat ek besig was om te pluk, en terwyl ek die helderkleurige fraai blommetjies die een na die ander een afpluk, het ek skielik onthou dat ek lankal eenmaal gelees het: 

 


“Dis net wanneer kappertjies gekneus word, dat ons hulle heerlike geur kry”.

 

 


So, dink ek toe, is sommige mense ook, dis juis wanneer die swaar slag van die lewe hulle tref, dat jy uitvind watter lieflike gees daar in hulle hart is.

 


Dis die mense wat die lewe nooit sal kleinkry nie, want hoe seerder hulle hart, hoe groter glimlag die mond, hoe feller die pyn, hoe minder die klag.  Hulle is die kappertjiesmense in die tuin van God.

 


En hierdie sonneblom, met sy groot oop bottergeel gesig, laat my dink aan die liewe mense wat altyd lag, vir wie die son altyd skyn, en vir wie die lewe altyd lekker en aanvaarbaar is.  Hulle is nooit verveeld en onvergenoegd nie, vir hulle is werk ‘n lus en nooit ‘n las nie en werk wat hulle aanpak, doen hulle flink en goed en sonder om te mor en te kla.  Dis hierdie sonneblom mens van wie daar gesê word;

“Die vrolike vlam wat kla en kraak,

Is hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak,

En sy swaarkry met lekkerkry klaarkry.”

 

 

 

En ek dan? Watter soort blom is ek van God se tuin? Het ek ook ‘n doel, en is ek ook van nut…?  Dis toe dat ek dit sien.  Al die blomme was benat met dou, en op al die blomme het God se son geskyn.  Hy het almal gemaak en almal is Syne.  Hy het nie net die Kappertjies en Sonneblomme nodig nie, maar Hy het ook die skugter Vergeet-My-Nietjies nodig.

 

Met ‘n diep dankbaarheid in my hart bid ek:

“As ek dan nie ‘n wonderlike mens kan wees met mooi en baie deugde nie, Liewe Heer, laat my dan tog net toe om die grond van hardheid te bedek waarlangs die voete van U skepsels loop, en wanneer hulle voete my kneus, laat dan ‘n aangename geur u hart verbly.”

 

 

http://www.eposvriende.com

To join for  Christian e-mails, send a message to:  Christian-ePosVriende-subscribe@yahoogroups.com

Or visit: http://groups.yahoo.com/group/Christian-ePosVriende

Om aan te sluit vir Christelik e-posse, stuur ‘n e-pos aan:  christelik-eposvriende-subscribe@yahoogroups.com

Of besoek: http://groups.yahoo.com/group/christelik-eposvriende

 

 

 




__._,_.___



http://groups.yahoo.com/group/Christian-ePosVriende
Post message: Christian-ePosVriende@yahoogroups.com
Subscribe: Christian-ePosVriende-subscribe@yahoogroups.com
Unsubscribe: Christian-ePosVriende-unsubscribe@yahoogroups.com
List owner: Christian-ePosVriende-owner@yahoogroups.com




Your email settings: Individual Email|Traditional
Change settings via the Web (Yahoo! ID required)
Change settings via email: Switch delivery to Daily Digest | Switch to Fully Featured
Visit Your Group | Yahoo! Groups Terms of Use | Unsubscribe



__,_._,___

Comments

Popular Posts