MRS BALL?S ? Uithaler Suid-Afrikaanse ambassadeur

 

MRS BALL'S – Uithaler Suid-Afrikaanse ambassadeur

 

Mrs Ball se blatjang is so Suid-Afrikaans soos wat kan kom, maar eintlik is sy oorsprong Kanadees.

 

Dit het saam met die ma van Mrs Ball, Sarah Adkins, en haar skeepskapteinman, kaptein Henry James Adkins, i

n die Ooskaap aangeland nadat hulle skip in 1852 naby Oos-Londen gestrand het.

 

Die egpaar het hulle by Fort Jackson naby Oos-Londen gevestig.

Hulle dogter Amelia Alice Elizabeth is in 1865 hier gebore en sy is later jare met Herbert Saddleton Ball – H S Ball – getroud.

Vandaar dan dié bekende handelsnaam, Mrs H S Ball's Chutney.

 

Amelia Ball en haar suster het hulle ma, Sarah Adkins, se geheime blatjangresep geërf.

Dit was 'n resep wat Sarah weer by haar ma in Kanada geërf het.

 

Die Ball-gesin het op 'n stadium Johannesburg toe getrek, en daar het Amelia begin om blatjang te maak vir verkoop.

Sy het dit "Mrs H S Ball's Chutney" gedoop.

In 1918 het sy sowat 24 bottels per dag verkoop.

 

Kort na 1921 het hulle Kaap toe getrek en in 'n groot huis in Plumstead op ses primus-stofies begin blatjang kook.

In 1935 sterf mnr Ball en sy vrou trek toe Vishoek toe en het daar met haar onderneming aangegaan.

Groter produksie het haar genoop om eers na Woodstock, en later na Steenberg te verskuif.

 

In die vroeë 1970s is die onderneming aan die Brooke Bond Oxo-groep verkoop en is dit na Johannesburg verskuif.

 

Amelia Ball is op 20 November 1962 oorlede.

Sy is in graf no. 2032 in Muizenberg se begraafplaas begrawe. H

aar grafskrif lees net: "In loving memory of Amelia Alice Ball 1865 – 1962".

 

● Inligting uit SARIE, Maart 2004, pp 131-133.  

Geneem uit die nuusbrief van: agterpadreisnotas

versamel deur Braham van Zyl

 

 

http://www.eposvriende.com

To join for  English Recipes only  send a message to:   english_recipes-subscribe@yahoogroups.com

Or visit:    http://groups.yahoo.com/group/english_recipes        

Om aan te sluit vir Resepte in Afrikaans en Engels stuur 'n e-pos aan:  resepte-subscribe@yahoogroups.com

Of besoek:  http://groups.yahoo.com/group/resepte

 

 

__._,_.___

Recent Activity:

·         New Members 7

http://groups.yahoo.com/group/resepte
Post message: resepte@yahoogroups.com
Subscribe: resepte-subscribe@yahoogroups.com
Unsubscribe: resepte-unsubscribe@yahoogroups.com
List owner: resepte-owner@yahoogroups.com

.

__,_._,___

Comments