BBQ sous



BBQ SOUS
2 eetlepels olyfolie
1 groot ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
125ml water
410g blik heel geskilde tamaties, fyngekap
250ml tamatiesous
125ml Worcestershiresous
200ml vrugteblatjang
60ml bruinsuiker
25ml asyn
5ml Tabascosous

Verhit olie in ’n swaarboompot en soteer ui en knoffel tot sag. Voeg res van bestanddele by en laat prut vir 30 minute sonder ’n deksel om te verdik. Plaas gaar steak burgers in oopgesnyde, gebotterde broodrolletjies of tuistemaakte roosterkoeke met ’n lekker skep van die BBQ-sous op elk asook gesnyde tamaties en blaarslaai.


(Uit Anna Eksteen se E-RESEPTE BOEK: VIR DIE SOETTAND!)

Comments