Mieliepap Muffins

Mieliepap muffins...       Saam met braaivleis!

 
   
 Jy benodig (vir 6)
                                                                                                               
 • 2 koppies mieliemeel
 • 4 koppies water
 • 1 teelepel sout
 • 3 eetlepels olyfolie of botter
 • 2 eiers
 • 2 hande vol kaas, gerasper
 • 4 eetlepels gekapte vars kruie, of 1 eetlepel droë kruie
 • 1 teelepel rooipeper
 • 1 teelepel paprika
 • 1 koppie heel mieliepitte
 • 6 sondroogtamaties, gekap
 • 12 kersietamaties, gehalveer
  Só maak jy

Voorverhit die oond tot 200 ºC.
Maak eers die pap. Bring die water en sout tot kookpunt. Voeg die mieliemeel daarby
en roer tot dit verdik.
Laat dit met ’n deksel op prut vir 10 minute.
Verwyder dit van die hitte en laat die pap afkoel.
Meng die res van die bestanddele saam en voeg die koue pap daarby.
Skep die mengsel in ’n gesmeerde muffinpan.
Skep dit maar vol, want dit rys glad nie.
Bak die muffins vir ongeveer 20 minute.

 Wenk: Die muffins is ’n blink plan as jy oorskietpap het.
Gooi ’n hand of drie vol gebraaide spek of oorskietboerewors by en eet dit vir brekfis.
Dis ’n geduldige resep dié.
 


Recipes - with the word.doc
http://groups.yahoo.com/group/english_recipes
Subscribe: english_recipes-subscribe@yahoogroups.com
Resepte in Afrikaans - met die Word.doc
(As jy by die Afrikaanse groep aansluit, sal jy outomaties ook die Engelse e-posse ontvang. Dit is nie nodig om by albei aan te sluit nie)

Our Honey Jewellery Group info:
http://groups.yahoo.com/group/HoneyJewellery/

Comments

Popular Posts