Ander mense


 Lees (Mattues 6:33) Nee, beywer julle allereers vir die koningkryk van God en vir die wil van God , dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
 Amen
  
 Liewe Vader
Ek het vandag opgestaan met die sinkende gevoel dat dit net nog 'n dag is in my lewe ...
Hoe gaan ek vandag deur hierdie lang dag kom, my gemoed is beswaard ek het U nodig?
Hoe gaan ek al my paaiemente betaal kry, hoe gaan ek my familie versorg met kos en klere ?
Gaan ons veilig wees deur die dag sonder moorde en skelms, gaan ek my werk kan behou vandag?
Gaan ek en my gesin gesond wees en vry van siektes en peste, gaan geen slegte tydings ons tref nie?
Liewe Vader ek het opgestaan met soveel emosies en stres, ek het met swaarheid besef dis dieselfde ding elke dag!.

Liewe Vader ek besef vandag ek het myself met ander mense vergelyk, en dit was my grootste fout.
Ek het so geredeneer ek drink mos baie minder as my drinke-broers, ek kan maar nog bietjie saam drink.
Ek eet tog minder as die ander mense met ‘n braai en ‘n funksies, ek kan maar nog bietjie opskep en eet.
Ek het gedink ek vloek nie so baie en so gruwelik lelik soos die ander mense nie, ek is nog beter gemanierd.
Ek het geredeneer dat ek nie gaan rond slaap en geld mors soos my maats nie en dat ek bietjie stout kan wees.
Ek behandel my vrou en kinders beter as ander mense, ek dink ek is nog op die regte pad, ek sal ok wees in die lewe.
Ek lieg en steel tog nie soos die mense waarmee ek meng nie, ek doen dit nie so gereeld soos hulle dit doen nie ek is ok.

Liewe Vader ek het in trane uitgebars vandag want ek het vergeet waar my versorging vandaan kom, van U af my God.
Vader ek het my met ander mense vergelyk en hulle lewens, en ek het elke keer beter uitgestaan, behalwe vir een ding?
Ek het myself nie met hulle geestelike verhouding met U vergelyk nie, ek sou gesien het waarom ek nie soos hulle moet wees nie.
Hulle het nie met U ‘n goeie verhouding nie, en hulle respekteer U nie, en ek het toegelaat dat ek ook na hulle standaarde afdaal.
U is altyd daar om uitkomste te gee aan my probleme, en my te help met my bekommernisse en om my lei deur my lewe.
Liewe Vader ek vra U nou om vergifnis dat ek getwyfel het vroeg vanoggend toe ek my dag begin het, U versorg ons altyd.
Liewe Vader ek vra U nou vergifnis dat ek soos ‘n skaap agter ander aangeloop het en my met hulle vergelyk het, en nie besef het hulle ken U nie.
Liewe Vader dankie dat U altyd tyd het vir my en dat U vir my sondes aan die kruis gesterf het as ek, en begrawe is as ek, opgestaan het as ek, en sit in Hemelse plekke as ek,  saam in Jesus Christus.
Amen.
Deel hierdie gebed met soveel mense as wat jy wil, en soos die Heilige Gees jou sal lei..
Niks slegs sal gebeur as jy dit nie doen nie, maar wie weet ...
Miskien lees iemand dit wat moed opgegee het en hulp soek ...
Miskien laat jou email iemand vandag vir die eerste keer begin bid ...
Miskien besef iemand vandag hulle het God verwerp, en het hulle met ander vergelyk…
Miskien besef iemand vandag as hul hier lees hoeveel hulle afgedwaal het en na hulp soek…



InSeconds by African Bank




(As jy by die Afrikaanse groep aansluit, sal jy outomaties ook die Engelse e-posse ontvang. Dit is nie nodig om by albei aan te sluit nie)


Comments

Popular Posts