As jou seun wegloop - net in Afrikaans

JustPlay
'N PA LOOP VERBY SY SEUN SE KAMER EN TOT SY STOMME VERBASING SIEN HY DIE BED
IS NETJIES OPGEMAAK.


TOE SIEN HY 'N KOEVERT OP DIE KUSSING.


DIS GERIG AAN "PA".


MET BEKLEMMING OM SY HART TEL HY DIT OP, SKEUR DIT OOP EN LEES DIE BRIEFIE :


"LIEWE PA, DIS MET GROOT SPYT EN VERDRIET DAT EK VIR JOU SKRYF.


EK MOES WEGLOOP SAAM MET MY NUWE MEISIE OMDAT EK NIE MET JOU EN MA WOU RUSIE
MAAK NIE.

EK EN LISA HET WARE PASSIE ONTDEK. SY IS SO OULIK.
EK WEET JULLE SAL HAAR NIE GOEDKEUR NIE, OMDAT DAAR SO BAIE RINGE DEUR HAAR
LIPPE, NEUS EN BAIE ANDER PLEKKE IS,


EN SY IS 'N VOLLE TIEN JAAR OUER AS EK.


MAAR IS NIE NET VERLIEFGEIT
NIE
, PA.     SY IS SWANGER.

ONS WIL SOMMER NOG BAIE KINDERS HÊ.


LISA SÊ ONS SAL BAIE GELUKKIG WEES.

SY HET 'N WOONWA WAT IEWERS IN 'N BOS STAAN EN DAAR IS 'N HELE HOOP

VUURMAAKHOUT VIR DIE WINTER.


LISA HET MY OOK GELEER DAT DAGGA NIE NET SLEG IS NIE.


ONS GAAN SOMMER SELF 'N BIETJIE DAARVAN IN DIE BOS KWEEK EN DIT AAN DIE
ANDER MENSE IN DIE KOMMUNE VERKOOP.


DAN
KAN
ONS MET DAARDIE GELD ANDER, DUURDER DRUGS SOOS COKE OF TIK KOOP.

INTUSSEN HOOP EN BID ONS DAT DIE WETENSKAP 'N KUUR VIR VIGS VIND SODAT
LISA GESOND RAAK. SY VERDIEN DIT!!!


MOENIE BEKOMMERD WEES
NIE
, PA.

EK IS DAREM AL VYFTIEN EN KAN NA MYSELF KYK.

ONTSPAN, EN GENIET DIE KLEINKINDERS WAT NOG KOM.


MET LIEFDE,

JOU SEUN, PIETER"


NS:

PA, NIKS HIERVAN IS WAAR NIE!!!! EK IS BY JANNIE.

EK WOU PA MAAR NET DAARAAN HERINNER DAAR IS BAIE ERGER DINGE IN DIE LEWE AS
'N SWAK RAPPORT (DIS ONDER DIE KUSSING)."


BEL MAAR WANNEER DIT VEILIG IS OM HUIS TOE TE KOM !!!!!"

Comments