Liewe Vader
Lees
(Mattues 6:33) Nee, beywer julle allereers vir die koningkryk van God en vir
die wil van God , dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
Amen
Ek het vandag opgestaan met die
sinkende gevoel dat dit net nog 'n dag is in my lewe ...
Hoe gaan ek vandag deur hierdie
lang dag kom, my gemoed is beswaard ek het U nodig?
Hoe gaan ek al my paaiemente betaal kry, hoe gaan ek my familie versorg met kos en klere ? Gaan ons veilig wees deur die dag sonder moorde en skelms, gaan ek my werk kan behou vandag? Gaan ek en my gesin gesond wees en vry van siektes en peste, gaan geen slegte tydings ons tref nie?
Liewe Vader ek het opgestaan met
soveel emosies en stres, ek het met swaarheid besef dis dieselfde ding elke
dag!.
Liewe Vader ek besef vandag ek het myself met ander mense vergelyk, en dit was my grootste fout.
Ek het so geredeneer ek drink mos
baie minder as my drinke-broers, ek kan maar nog bietjie saam drink.
Ek eet tog minder as die ander
mense met ‘n braai en ‘n funksies, ek kan maar nog bietjie opskep en eet.
Ek het gedink ek vloek nie so baie
en so gruwelik lelik soos die ander mense nie, ek is nog beter gemanierd.
Ek het geredeneer dat ek nie gaan
rond slaap en geld mors soos my maats nie en dat ek bietjie stout kan wees.
Ek behandel my vrou en kinders
beter as ander mense, ek dink ek is nog op die regte pad, ek sal ok wees in
die lewe.
Ek lieg en steel tog nie soos die
mense waarmee ek meng nie, ek doen dit nie so gereeld soos hulle dit doen nie
ek is ok.
Liewe Vader ek het in trane uitgebars vandag want ek het vergeet waar my versorging vandaan kom, van U af my God.
Vader ek het my met ander mense
vergelyk en hulle lewens, en ek het elke keer beter uitgestaan, behalwe vir
een ding?
Ek het myself nie met hulle
geestelike verhouding met U vergelyk nie, ek sou gesien het waarom ek nie
soos hulle moet wees nie.
Hulle het nie met U ‘n
goeie verhouding nie, en hulle respekteer U nie, en ek het toegelaat dat ek
ook na hulle standaarde afdaal.
U is altyd daar om uitkomste te
gee aan my probleme, en my te help met my bekommernisse en om my lei deur my
lewe.
Liewe Vader ek vra U nou om
vergifnis dat ek getwyfel het vroeg vanoggend toe ek my dag begin het, U
versorg ons altyd.
Liewe Vader ek vra U nou vergifnis
dat ek soos ‘n skaap agter ander aangeloop het en my met hulle vergelyk het,
en nie besef het hulle ken U nie.
Liewe Vader dankie dat U altyd tyd het vir my
en dat U vir my sondes aan die kruis gesterf het as ek, en begrawe is
as ek, opgestaan het as ek, en sit in Hemelse plekke as ek, saam in
Jesus Christus.
Amen.
Deel hierdie gebed met soveel
mense as wat jy wil, en soos die Heilige Gees jou sal lei..
Niks slegs sal gebeur as jy dit nie doen nie, maar wie weet ... Miskien lees iemand dit wat moed opgegee het en hulp soek ... Miskien laat jou email iemand vandag vir die eerste keer begin bid ...
Miskien besef iemand vandag hulle
het God verwerp, en het hulle met ander vergelyk…
Miskien besef iemand vandag as hul
hier lees hoeveel hulle afgedwaal het en na hulp soek…
|
Christian e-mails
http://groups.yahoo.com/group/Christian-ePosVriende
Subscribe: Christian-ePosVriende-subscribe@yahoogroups.com
Christelike e-posse
http://groups.yahoo.com/group/Christian-ePosVriende
Subscribe: Christian-ePosVriende-subscribe@yahoogroups.com
Christelike e-posse
(As jy by die Afrikaanse groep aansluit, sal jy outomaties ook
die Engelse e-posse ontvang. Dit is nie nodig om by albei aan te sluit nie)
http://groups.yahoo.com/group/christelik-eposvriende
Subscribe: christelik-eposvriende-subscribe@yahoogroups.com
Subscribe: christelik-eposvriende-subscribe@yahoogroups.com
Comments