Monday, December 3, 2012

Hoekom vroue altyd die ruskamer in pare besoek






Hoekom vroue altyd die ruskamer in pare besoek
Wanneer jy 'n openbare badkamer besoek, vind jy gewoonlik 'n ry wagtende vroue, so jy glimlag
vriendelik en neem jou plek in die ry in. Sodra dit jou beurt word, kyk jy of daar voete onder die
deurtjies uitsteek. Elke toilet is beset.
Uiteindelik gaan 'n deur oop, en jy storm in en stamp die vrou wat uitgaan amper onderstebo. Jy maak
 die deur toe, en vind dat die knip nie werk nie. Dit maak nou nie meer saak nie - jy het al so lank
gewag dat jy op die punt is om jouself nat te maak.
Die houer vir die moderne "sitplekbedekkers" (sonder twyfel 'n uitvindsel van iemand se ma) is nuttig, maar leeg. Jy wil jou handsak aan die deur se haak hang - as daar een was. Jy hang dit dus maar
versigtig om jou nek (Ma sal iets oorkom as jy dit op die VLOER neersit!) Jy ruk jou broekie af en
neem die "houding" in.
In hierdie posisie begin jou tonuslose (ek moes meer gim toe gegaan het!) dyspiere protesteer. Jy wil
 graag sit, maar jy het nie die sitplek gevee of toiletpapier daarop neergesit nie, so jy volstaan met die "houding."
Om van jou bewende dye te vergeet, ontdek jy die toiletpapierhouer is leeg. Jy hoor jou ma se:
"Liefie, as jy die moeite gedoen het om die sitplek af te vee, sou jy geweet het daar is nie toiletpapier nie." Jou dye begin vibreer.
Jy onthou die klein snesie waarmee jy jou neus gister geblaas het - die een wat nog in jou handsak is. Dis nou die handsak wat om jou nek is, wat jy nou moet bykom sonder om jouself te verwurg. Jy vou die snesie op sy grootste oop. Hy is so groot soos jou duim se nael.
Iemand maak die deur oop omdat die knip nie werk nie. Die deur tref jou handsak, wat om jou nek op jou bors hang, en jy en jou handsak steier teen die toilet se tenk.
"BESET!" skree jy, terwyl jy afbuk om jou kleinste van opgefrommelde snesies uit 'n poeletjie op die vloer te haal. In die proses verloor jy jou balans heeltemal, en gaan sit direk op die toiletbak.
Natuurlik is dit nat.
Jy spring op, wel wetende dat dit te laat is. Jou kaal stere het kontak gemaak met elke denkbare kiem op die onbedekte stiplek omdat jy dit nie met papier bedek het nie. Nie dat daar papier was nie, al het jy jou tyd geneem om te soek. Jy weet jou ma sal uiters ontsteld wees as sy dit weet, want "jy weet nie watter siektes jy almal kan optel nie."
Teen hierdie tyd is die outomatiese sensor agter die toilet so deurmekaar dat dit sommer spoel. Dit spuit 'n stroom water soos 'n brandslang teen die bak se binnekant en sprei 'n fyn mis wat jou hele stert benat, en teen jou bene af tot binnein jou skoene loop.
Die spoel suig op een of ander manier alles met hom saam, met so 'n fors dat jy die lee papierhouer vasgryp uit vrees dat jy saamgetrek gaan word.
Dis wanneer jy opgee. Jy is nat, en heeltemal uitgeput. Jy probeer afdroog met 'n lekkergoedpapiertjie wat jy in 'n roksak gekry het, en probeer onopsigtelik na die wasbakke stap.
Jy weet nie hoe om die krane met die outomatiese sensors oop te maak nie, so jy vryf jou hande, spoeg op hulle en gryp 'n afdroogpapier terwyl jy verby die tou wagtende vroue stap.
Jy kan nie meer beleefd vir hulle glimlag nie. 'n Gawe siel wys na 'n stuk toiletpapier wat by jou skoen uitsteek. (Waar was dit toe ek dit NODIG gehad het?!) Jy gryp die stuk papier, druk dit in die vrou se hand en se: "Hier, jy mag dit dalk nodig kry."
Soos jy uitstap, sien jy jou man, wat lankal sy ding in die mans se ruskamer gedoen het.
Hy vra vererg: "Wat het so lank geneem? En hoekom hang jou handsak om jou nek?"
Hierdie skrywe is opgedra aan vroue oraloor wat openbare ruskamers moet trotseer (RUS? Jy maak seker 'n grap!)
Dis ook die antwoord op die algemene vraag hoekom vroue die ruskamers in pare besoek. Dis sodat die ander een die deur kan toe hou, jou handsak kan vashou en vir jou Kleenex onderdeur die deur kan aangee.
Stuur dit aan vir jou vriendinne, sodat hulle kan verstaan wat binding beteken.




 
__,_._,___

No comments: