Egte KersKoekies

EGTE KERSKOEKIES (ook geskik vir koekmanne) 4 x 250 ml (560 gr) koekmeelblom 5 ml koeksoda 2,5 ml sout 10 ml fyn kaneel 5 ml fyn naeltjies 5 ml gemengde speserye 5 ml gemaalde koljander 80 ml (75 gr) varkvet (botter of margarine) 250 ml (200 gr) wit suiker 160 ml gouestroop 80 ml water 1 eier VERSIERSEL 500 ml (260 gr) versiersuiker 1 eierwit 15 ml suurlemoensap (opsioneel) 1. Sif die koekmeelblom, koeksoda, sout, kaneel, naeltjies, gemengde speserye en koljander saam in ‘n groot mengbak. 2. Verhit die varkvet (botter of margarine), suiker, gouestroop en water in ‘n swaarboomkastrol oor matige hitte tot kookpunt. Roer deurentyd en laat die mengsel 5 minute lank kook. Haal van die stoof af en laat afkoel. 3. Klits die eier met ‘n vurk en roer dit by die afgekoelde stroopmengsel. 4. Voeg die stroopmengsel by die meelmengsel en roer dit goed met ‘n vurk tot al die bestanddele gemeng is. 5. Draai die deeg in botterpapier toe en laat dit oornag of 12 uur lank in die yskas staan. 6. Verhit die oond tot 180 grade Celcius. Smeer bakplate liggies. 7. Strooi koekmeelblom op die werkvlak en rol die deeg 7 mm dik daarop uit. Druk tradisionele Kersfatsoentjies soos sterre, hartjies, boompies of mannetjies uit. Sit die koekies op die bakplate en bak 7 – 10 minute lank. (Let wel : Moenie die koekies te lank bak nie). 8. Pak die koekies op ‘n draadrak om af te koel. 9. Versiersel : Meng al die versierselbestanddele en klits tot die mengsel styf is en puntjies bly staan wanneer dit met ‘n lepel opgetrek word. 10. Doop die koekies in die versiersel of smeer dit daarop. Die versiersel ka nook met suurlemoensap Verdun word tot dit van ‘n lepel afdrup. Skep ‘n halwe teelepel versiersel en laat drup dit kruis en dwars in ‘n kantpatroon oor die koekies. Variasie : • Voeg 415 ml (250 gr) vrugtekoekmengsel by die meelmengsel en bak in panne van 20 x 30 x 4 cm. Laat dit effens afkoel en sny dit in repies met ‘n skerp, ongetande mes (Bron : KERMISKOS deur MariĆ«tte Crafford-Barnard)

Comments

Popular Posts