Gemmerbier No 2

Gemmerbier No 2 800 g Suiker (4 x 250 ml) 4.5 Liter Water 15 ml gemaalde gemmer 20g Saamgeperste suurdeeg (1 Koekie) 4 ml Kremetart 4 ml Wynsteensuur 12 Sultanas, gekneus 1. Roer al die bestandele saam in ‘n groot emmer totdat die suiker opgelos is. 2. Plaas die deksel op en laat die Gemmerbier ongeveer 12 uur lank staan. 3. Die sultanas behoort bo-op te dryf na q12 uur. 4. Syg die Gemmerbier deur. 5. Giet die Gemmerbier in gesteriliseerde bottels – vul die bottles tot by die nekke. 6. Verseël dit. 7. Verkoel die gemmer bier voor gebruik 8. Laat Gemmerbier ‘n paar dae staan nadat dit ge bottel is – dan is dit éérs lekker.

Comments

Popular Posts