Karringmelk Beskuit 2

9x250ml Volkoringmeel 4x250ml Koekmeelblom 45ml Vlapoeier 25ml Koeksoda 15ml Kremetart 20ml Sout 500ml Suiker 6x250ml (1.5liter) Karringmelk 500ml Olie 60ml Druiwe Asyn Voorverhit Die Oond Tot 180c. Spuit Twee Groot Broodpanne Van 34x11x7cm Met Kleefwerende Kossproei Of Smeer Goed Met Botter Of Margarien. Sprinkel ‘N Bietjie Volkoringmeel Op Die Boom En Teen Die Kante Van Die Pan. Sif Die Volkoringmeel, Koekmeelblom, Vlapoeier, Koeksoda, Kremetart En Sout Saam In ‘N Groot Mengbak. Voeg Die Semels Wat In Die Sif Agtergebly Het, Weer By. Voeg Die Suiker By Meelmengsel En Meng Goed. Meng Die Karringmelk, Olie En Druiweasyn En Voeg By. Meng Goed Deur Met Houtlepel. Skep In Voorbereide Panne En Maak Gelyk Bo-Op. Bak 1 Uur Lank Of Tot Gaar En Ligbruin Van Bo En Totdat ‘N Toetspen Skoon Uit Die Middel Van Die Beskuit Kom. Laat Effens Afkoel En Keer Uit Of Draadrakke Om Heeltemal Af Te Koel. Sny In Stukke En Droog Uit By 100c. Lewer Ongeveer 110 Stukke

Comments

Popular Posts